Betaaldag, senuwees en werk soek

Dis alweer amper betaaldag, alweer tyd vir my maag om soos gewoonlik te brand van
senuwees want soos die afgelope paar maande wonder ek – gaan ek betaal word,
gaan ek weer my salaris in paaiemente kry …..

Ek is nog bevoorreg om ‘n werk te hê maar wat te erg is, is darem te erg!

Maar laat ek by die begin begin … Vyf jaar nadat ek het ‘n “abusive” verhouding uitgestap het en byna alles verloor het, het ek weer op my voete gekom, my lewe het begin rigting kry. My lewe was byna perfek, het selfs my lewensmaat en sielsgenoot ontmoet …..

Ek was trots dat na alles wat in verlede gebeur het, ek as oorwinnaar en sterker vrou ander kant uitgekom het.

Maar einde laasjaar word die mat onder my uitgepluk – ek verloor my werk …..

Ek het gou werk gekry – ‘n junior pos vir ‘n karige salaries in vergelyke met wat ek voorheen gekry het. Skielik is ek afhanklik van my ouers – vir petrol geld, om my kar te betaal, vir toiletware ….. En asof dit nie vernederend genoeg is nie, die  laaste ruk word ons salarisse in twee paaiemente betaal – einde van die maand en die vyftiende!

My depressie het alweer kop uitgesteek – my hele lewe is op ys! Verlowing, toekoms
planne …. Ek voel misrabelik!

En dan soek jy werk en alles tel teen jou – ouderdom, velkleur, oor gekwalifiseerd, onder gekwalifiseerd of hulle wil jou ‘n patetiese salaris aanbied!

En dan sien jy in die media dat net die naweek por Meneer Malema die massas aan om te vat, alles wat aan die wittes behoort!

En net daar raak ek de hel in. Ek betaal belasting maar wat kry ek terug daarvoor? NIKS!!  My geld is goed genoeg om die soustrein se wiele op die spoor te hou maar vir die res is my velkleur verkeerd. Wens ek kon ook alles verniet kry – huis, elektrisiteit en as ek ontevrede oor iets is, dop ek die dorp om en verniel alles wat voorkom.

Dis om van naar te raak – jy sien dieselfde poste word herhaaldelik geadverteer want dit moet gevul word volgens BEE. In plaas van om die pos vir die geskikte kandidaat te gee op grond van ervaring moet dit gegee word op grond van velkleur.

Is dit soveel gevra dat ek net ‘n ordentlike werk kry wat goed betaal? Dat my Godgewe
potensiaal gebruik en benut word – nie uitgebuit word vir ‘n karige salaris wat
nie eers al my uitgawes dek? En my uitgawes is niks luuks – dis polisse,
medies, voertuig, versekering, petrol en selfoon.

Hiermee sluit ek af, het dit per e-pos gekry en dis so waar: 

LONDON
TIMES – QUOTE OF THE WEEK

Affirmative Action

” South Africa is the only country in the world where affirmative action is in the favour of the majority who has complete political control.

The fact that the political majority requires affirmative action to protect them against a 9% minority group is testament to a complete failure on their part to build their own wealth making structures, such that their only solution is to take it from others.”

 


Die Malema debakel

Na die haatspraak hofsaak die week en al die gepaardgaande media dekking, het ek besluit om poot op papier te sit en my gedagtes te deel ….

Meneer Malema is jonger as ek maar sy haat vir “white people” gee my koue rillings en laat my hare regop staan.

Voordat ek begin:
Net vir intersantheid: Apartheid het begin in Britse Koloniale tyd maar eers in
NP se tyd op wetboeke gekom.  Dis deur die Engelse ingebring – die Kakies.

Die Kakies het destyds ons Boere se plase afgebrand, vroue verkrag, mense in konsentrasie kampe aangehou! Maar ons het opgestaan, oor begin en opgebou! Nie “pitty parties” gehou, geld gemors en ”blame games” gespeel. Ek het simpatie
tot op ‘n punt – deur konstant in die verlede te leef gaan niemand baat. Mensig,
al die geld wat die soustrein al vermors het sedert 1994,  hoeveel skole kon al daarmee gebou gewees het, hoeveel mense kon al opgevoed,geonderig het en hoeveel ‘n kon al daarmee ‘n beter lewe gegee word?

Hoeveel geld het die Elite al gegee vir armes? Hulle wil wees soos dit wat hulle die meeste verag – Westerlinge. Hulle wil luukse motors ry, die beste / duurste klere dra en in paleise bly. Hoe kan jy regtig empatie en simpatie uitstraal as jy uit voeling is met wat op op grondvlak gebeur?

So dis baie baie hartseer dat die Mnr. Malema en sy liga die land wil onderste bo keer en aanhou vasklou aan die verlede. (En baie van hulle is te jonk om eers te onthou!)

As mense aanhou vaskleef aan die verlede boer jy agteruit.

Wat is daar sedert 1994 vir die armes gedoen – en nee ek praat nie van Allpay nie. Ek praat van konstruktiewe verbetering van mense se lewens. Ek praat nie van vir ‘n honger persoon ‘n vis gee, ek praat van vir ‘n honger persoon ‘n visstok gee dat hy in die toekoms ook kan eet.

Daar word gepraat van ‘n nasionale gesondheidsplan, van nasionalisering van myne en plase – maar hoe prakties en suksesvol gaan dit wees? Hoeveel kaders gaan voordeel trek en ryk word soos met baie ander dinge tans. En die armes gaan armer word en weereens geen voordele trek.

Die bakhand kultuur moet gestop word. Niks kom verniet nie en niks kan waardeer word as jy dit verniet kry nie.

Ons land het nie ‘n werkloosheid probleem soveel as wat ons ‘n vaardigheids probleem het.

Kinders moet eerder vang jongs af aangemoedig word om skool te voltooi en alles moontlik moet gedoen word om kinders op skool te hou tot matriek. Ongeag ras.

Ons jeug lewe asof daar geen hoop is want vir baie van hulle is daar nie hoop nie.

Kinders het self kinders sonder om die impak te verstaan daarvaan en hulle is nie gereed vir ouerskap en so sneeubal dit van generasie na generasie – armoede, werkloosheid, hopeloosheid … soms ook drank en dwelm misbruik.

Hou politiek uit skole uit. Kry kwaliteit onderwysers en leiers in alle skole. Raak ontslae van die wat te sleg is om te werk, wat laatkom, studente misbruik en wat geen trots het vir hul beroep. Daar moet gekyk word na gemeenskap sentrums waar kinders onder toesig kan studeer / huiswerk doen en sport beoefen. (Na skool en skoolvakansies)

Kinders wat drome het en konstruktief besig gehou word, is meer doelgerig en minder geneig om uit te haak. Daar is soveel arm kinders met soveel potensiaal wat verlore gaan – goeie studente en sportmanne / sportvroue.

Kinders moet waardes geleer word, geleer word hoekom mens nie alles verniet kan kry nie. Hulle moet geleer word om te dink aan die dag van more, om te beplan vir die toekoms, om voorsiening te maak vir die toekoms en dat hulle kan die beste maak van hul toekoms.

Hulle moet besef dat jy los kinders maak totdat jy standvastig is en self vir daardie kind ‘n beter lewe kan bied.

Hulle moet geleer word van polisse, pensioen fondse, mediese fondse en leer hulle om te spaar.

Kinders moet geleer word dat luukse karre en huise en duur klere is nie al waaroor die lewe gaan nie, ryk word gebeur nie oornag nie en ook nie as jy sekere politieke party by
aansluit.

Al hoe mens iets in die lewe bereik is deur harde werk – jy verlaat nie skool en verdien skielik verdien jy astronomiese salaris nie.

Daar moet gekyk word na vaardigheids en ambag kursusse vir armes – ongeag ras.

Bemagtig die werklooses met ambagte en vaardighede.

Al is jy arm, jy kan deur korrespondensie kursus leer en werk. Jy hoef nie kampusse op horings te neem oor jy verniet wil leer en bly nie.

So Meneer Malema, haat my oor my vel verkeerde kleur is. Maar onthou:, alles wat ek het, het ek voor gewerk.  My ouers het geen voordeel getrek uit apartheid. Hulle het albei arm groot geword en moes hard werk vir dit wat hulle vandag het. Ons is streng groot gemaak en daar was klem op waardes, self trots, respek, voorsien vir die dag van more, spaar, neem polisse, versekering en medies uit. Ons is groot gemaak om selfstandig en self onderhoudend te wees. Om die beste te maak van elke geleentheid. Dat status, geld en weelde nie belangrik is nie – dis aardse dinge. Jy kyk na ander se optrede, waardes en die persoon as mens. Jy oordeel nie tensy jy self ‘n myl in iemand anders se skoene geloop het nie.

Ek besef dit nie haalbaar is vir die staat om op die langtermyn soveel dienste vir die armes verniet te gee, ek besef dat met die bietjie papgeld wat die staat gee kan jy onmoontlik nie ‘n kleintjie grootmaak so ek teel nie aan nie, ek stem nie vir ‘n party wat die elite verryk en net beloftes maak nie.

Die “Westerlinge”  word gehaat wanneer dit gepas is maar die “Westerse” luukses, “bling” en prestige word hoog aangeprys! Baie is materialisties en lui aan geldgierigheid – wat ook hul ondergang gaan wees. Hulle is niks gewoond nie, is soos ‘n kind wat nie lekkers en speelgoed gewoond is nie – as hulle dan die slag lekkers en speelgoed kan kry, raak hulle vraatsig of gooi liederlike tantrum as hulle nie hul sin kan kry. Jy kan nie ander respekteer as jy nie jouself respekteer nie. En as jy nie met  jouself gelukkig is nie, dan gaan jy so optree.

Ek is hier gebore, dis my land ook! Ek is nie wit nie – kyk na wit op kleurkaart en kyk na my vel – GROOT verskil. Apartheid het niks met my te doen. Hoekom moet ek skuldig voel en gestraf word oor iets waaroor ek geen se gehad het nie? En iets waarmee ek nie noodwendig saamgestem het nie. Ek gaan nie in ‘n ander land bly – my plek en my toekoms is hier. Ek is ‘n Afrikaans sprekende Suid Afrikaner en trots daarop.

Ek hoop van harte die haatspraak ding word in ‘n internasionale hof aangehoor en verder gevat.  Dis so hartseer dat geweld en haat so aangemoedig word.  Geregtigheid sal geskied. God slaap nie.

Ek het in die week in die Bybel gelees dat geen koning se tyd wat hy regeer verseker is nie, niemand kan die toekoms voorspel nie en ons wik maar God beskik.

Ek sluit af met die woorde en dis ook my hoop:                                                 (ongelukkig dit in Engels so vergewe my asseblief! Maar dis treffend)

“I look to a day when people will not be judged by the color of their skin, but by
the content of their character.”
Martin Luther King, Jr.